On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

World News

Gambië hou asem op

───   15:51 Fri, 20 Jan 2017

Gambië hou asem op | News Article

Banjul - Die Wes-Afrikastaat van Gambië wag tans om te hoor wat voormalige president, Yahya Jammeh, sal besluit rakende sy toekoms.


Volgens Al Jazeera is Jammeh tans saam met 'n groep van sy presidensiële beskermingseenheid in die presidensiële woning toegesluit, en weier hy om plek te maak vir die wenner van verlede maand se verkiesing, Adama Barrow. Jammeh het vandeesweek die parlement ontbind en 'n noodtoestand afgekondig.


Barrow is gisteraand in Senegal as president ingesweer, en militêre magte van verskeie Wes-Afrika lande is reeds in Gambië. Hulle het Jammeh tot vanmiddag kans gegee om die land te verlaat en mag te oorhandig. As hy weier, sal hulle oorgaan tot militêre aksie om hom te verwyder.



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.