15:43 (GMT+2), Sun, 21 April 2013|
Comments
Respek.
Dis deesdae 'n vreemde woord - ons leef in 'n tyd van disrespek...
Ek en Ella is bevriend met Johan en Lizette Barnard. Twee gewone mense wat alreeds 27 jaar getroud is. Hulle het twee gewone kinders. Maar, daar is iets ongewoond aan hierdie twee mense - hulle huweliksverhouding. Reeds baie lank wonder ek, wat mis ons ander? Wat is die 'chemistry' wat Johan en Lizette se verhouding so uniek maak? En, gister toe ons gaan ontbyt eet, toe tref dit my: RESPEK.
Dit begin by die respek waarmee Lizette teenoor Johan optree. Lizette ondersteun Johan voltyds, of hy nou reg of verkeerd is. Hy is haar held. Uit haar respek vir hom, vloei wedersydse bewondering vir mekaar. Hulle lag vir mekaar se grappies. Hulle raak graag aan mekaar. Hulle ondersteun mekaar in hulle beroepe. En dit alles begin by Lizette se respek vir Johan.
Miskien dink jy: 'Johan is seker dan 'n uitsonderlike man?' As hy was, was my bevinding verkeerd. Nee, Johan is 'n doodgewone ou. Die verskil kom van Lizette, wat (dalk onwetend?) iets verstaan van die Woord van God wat sê: ' ... En die vrou moet onderdanig wees aan haar man.' Ja, daai stukkie mevrou, die een waarvan jy nog nooit gehou het nie, en waaroor daar al SO baie geskryf en geredeneer is.
Het almal deur al die eeue dit nie misverstaan nie? Het God nie bedoel dat die vrou haar man te alle tye met RESPEK behandel nie?
Die probleem blyk dus te wees dat vroue hulle mans nie respekteer nie, en daarom mans ook nie hulle vroue nie. Het dit te doen met die emansipsasie van die vrou? Is dit omdat meeste vroue vandag beroepsvroue is? Dat hulle moeg en geïrriteerd by die huis kom? Is dit omdat hulle hulself 'leeg skink' by die werk?
Om 'n balans te vind, raak baie vroue ook by ander organisasies betrokke waar hulle meer van hulself kan gee - en nou? Nou gee hulle nog meer van hulself in die komissies en organisasies waarop hulle dien?! Gevolgtrekking: Hulle is nog moeër en nog verder leeg geskink!!!
Intussen sien pa en kinders 'n ma wat professioneel en vriendelik by die werk en in haar kommitees is, maar moeg en onvriendelik by die huis is. Die 'professioneel en vriendelik' word dus 'n vals masker. Die mens WEET wanneer hy/sy vals is, en dit maak mens nog MEER moeg!
Kry jy die prentjie? Ek weet nie wat die oplossing is nie? Ek weet net, ek beny Johan en Lizette vir hulle mooi verhouding. Ek wens alle vroue wil weer respek betoon teenoor hulle mans, sodat ons weer ons vroue se held en beste vriend kan word...
Podcasts
Gallery