|
Ilse Smalberger
Virginia - Vier rowers het vanoggend 'n transito-rooftog by die FNB Bank in Virginia uitgevoer. Twee geldkiste met 'n onvermelde hoeveelheid kontant, sowel as 'n sekuriteitspistool, is geroof. Die verdagtes het daarna in 'n wit Nissan 1400 bakkie, met die registrasienommer PJG690GP gevlug. Niemand is in die voorval beseer nie. 'n Polisiewoordvoerder sê die verdagtes is gewapen en word as baie gevaarlik beskou. Persone wat die verdagtes gewaar, of enige inligting oor die rooftog het, word gevra om Kaptein Ben Strydom te skakel by 082 301 3062.
|