|
Ilse Smalberger
Honderde mense het vandag op die Augrabies Waterval toegesak om die waterskouspel te sien. Sanpark woordvoerder Henriëtte Engelbrecht sê alhoewel die beheer van verkeer 'n probleem is, moedig sy mense aan om die waterval te besoek. Sy sê egter dat mense sover as moontlik moet probeer om die waterval volgende week te besoek.
Engelbrecht sê die waterval behoort teen Dinsdag of Woensdag 'n hoogtepunt te bereik. Mense wat die waterval besoek moet sonskerm en genoeg drinkwater saambring.
|