|
Karien Jordaan
Bloemfontein - Passi, die Vrystaat, Noord-Wes en Noord-Kaap se geliefde koffietafeltydskrif, het voorlopig produksie gestaak. Notshi Advertising BK se Lian Fivaz sê erder as om weens finansiële druk af te skaal aan die tydskrif se kwaliteit, het hulle besluit om die passi handelsnaam en produk dormant te verklaar tot tyd en wyl ‘n alternatiewe finansierder aan boord kom. Waarnemende redakteur, Charlene Stanley, sê hulle is geweldig trots op wat hulle die afgelope drie en ‘n half jaar bereik het. 'n Beperkte aantal passi pakette bestaande uit al 13 uitgawes, elk geteken deur die onderskeie voorbladpersoonlikhede, is beskikbaar by Xpozure Advertising & Agency (tel 051 4489231) in Bloemfontein.
|