Bloemfontein. - Die voormalige skrumskakel van die Vodacom-Vrystaat-Cheetahs en die Leeus, JB Heckroodt, is as een van die Shimlas se afrigters aangestel.
Shimlas se hoofafrigter, Jaco Swanepoel, het aan OFM Sport bevestig dat Heckroodt "met die afrigting van Shimlas se skakelpaar sal help."
Dit volg nadat Swanepoel reeds vroeër die voormalige fiksheidskundige van die Bokke, dr. Derik Coetzee en die voormalige hulpafrigter van die Sharks, Theo Oosthuizen, betrek het.
Swanepoel sê die voormalige Vrystaatse stut, Dougie Heymans, is intussen ook as Kovsiesport se bestuurder van rugby aangestel met Ansu Colditz wat die pos as die Universiteit van Johannesburg se rugbybestuurder aanvaar het.