Ansu Colditz
Bloemfontein. - 'n Totaal van 19 medaljes op die SA studente kampioenskap in Pretoria is beslis 'n dramatiese verbetering vir die atletiekspan van Kovsies op 2007 se 8 medaljes.
Ons, Kovsies, eindig vierde in beide die mans- en vroue-afdelings asook in die gesamentlike kompetisie. Thuso Mpuang verdien spesiale vermelding. Hy is aangewys as die beste mansatleet van die byeenkoms na sy skitterende oorwinning in die 200m vir mans waarin hy die Olimpiese kwalifiserende A standaardtyd met 'n tyd van 20,57 oortref het.
Daar is ook na afloop van die byeenkoms twaalf Kovsies in die SA Studentespan ingesluit wat in Julie aan die Afrika Studente kampioenskap in Uganda gaan deelneem. 'n Totaal van 54 atlete – 26 dames en 28 mans het die Kovsies verteenwoordig. Die volgende lede van die ABSA KOVSIESPAN het medaljes verwerf. GOUD (5) Kagisho Kumbane 100m 10,38 Thuso Mpuang 200m 20,57 Ronč Reynecke 800m 2:10,28 Este de Jager 1500m 4:26,77 Este de Jager 5000m 16:00,55 SILWER (10) Kagisho Kumbane 200m 20,64 Magdel Venter Diskus 47,25 Magdel Venter Gewigstoot 14,06 Jolene van Zyl Hamergooi 43,50 EM Langenhoven Hoogspring 2,05 Marike Steyn Driesprong 12,28 Thandi Malindi 3000 SC 11:06,49 Dumisane Hlaselo 1500m 3:46,21 Michael Tlhoro 3000 SC 9:34,55 Pieter Badenhorst Hamergooi 50,84 BRONS (4) LW Swanepoel Tienkamp 5499 Thuso Mpuang 100m 10,40 Abongile Lerotholi 3000 SC 11:12,75 Maryna Swanepoel Half Marathon 1:31:17,00 Kovsies wat ook onder die eerste 8 geeindig het sien as volg daaruit: 4de Plek Danie Eyssen Tienkamp 5256 Charles le Roux Verspring 7,30 Janette Siebert Hoogspring 1,70 Abrie Marais Hoogspring 1,90 Dumisane Hlaselo 800 1:49,02 Mans 4x100 aflos 4x100 41,17 Vroue 4x400 Aflos 4x400 4:01,39 5de Plek Thandi Malindi 5000m 16:56,63 Elminette Beckmann 100H 14,75 Masello Moekoa 3000 SC 11:49,90 Marike Prinsloo Hoogspring 1,70 Antonie Peens 3000Hind 10:06,40 Raldu Potgieter Spiesgooi 63,19 6de Plek Tiaan Steyn 110m H 14,81 Abongile Lerotholi 5000m 17:04,55 Vroue 4x100 aflos 4x100 49,54 Mans 4x400m Aflos 4x400 3:18,69 Marinus Els Spiesgooi 59,25 7de Plek Michael Tlhoro 5000m 15:52,10 HJ Gordon 110H 15,08 8ste Plek Masello Moekoa 5000m 17:38,69 Jackie Kriel 100 Hekkies 15,97 Johandrie Kuhn Gewigstoot 11,74 Johandrie Kuhn Hamergooi 28,14 Karin Furstenburg Diskus 36,70 Karin Furstenburg Spiesgooi 41,67 Divan Strydom 110H 15,32 'n Groot eer het die volgende atlete te beurt geval met hul insluiting in die SA Studente atletiekspan wat in Julie aan die Afrika Studente Kampioenskappe in Uganda gaan deelneem.
Baie geluk aan Kagisho Kumbane (100/200), Thuso Mpuang (100/200), Dumisane Hlaselo (1500), Michael Tlhoro (30000hind), EM Langenhoven (hoogspring), Pieter Badenhorst (hamergooi), Ronč Reynecke (800), Este de Jager (1500/5000), Thandi Malindi (3000-hind), Magdel Venter (diskus/gewigstoot), Jolene van Zyl (hamergooi) en Marike Steyn (driesprong).
|