On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Local News

Moordsaak teen NW verdagte voorlopig teruggetrek

───   MARK STEENBOK 15:34 Fri, 20 Jul 2018

Moordsaak teen NW verdagte voorlopig teruggetrek  | News Article
Photo: Supplied

Die moordsaak teen Jaco Du Plooy wat homself aan die polisie oorhandig het nadat ‘n 15-jarige seun tydens ‘n geweldadige optog doodgeskiet is, is hierdie week voorlopig in die Lichtenburg-landdroshof teruggetrek.


Polisiewoordvoerder, Amanda Funani sê die aanklagtes van moord en twee  van poging tot moord is Woensdag teen Du Plooy teruggetrek. 

Sy het aan OFM-nuus gesê dat die polisie nou die saak verder gaan ondersoek, wat beteken dat Du Plooy moontlik later weer aangekla kan word indien die opvolgondersoeke resultate oplewer. 

Die 15-jarige Spencer Tshukudu van Blydeville is op 10 Oktober 2017 omstreeks 08:00 naby Sukran, in Lichtenburg tydens ‘n gewelddadige dienslewering betoging doodgeskiet. 

Twee ander jong mans tussen die ouderdom van 17 en 20 jaar, is ook tydens die voorval beseer. 

Du Plooy het in 'n beëdigde verklaring in Oktober verlede jaar verduidelik dat hy en sy werkers tydens die betogings deur ‘n geweldadige groep betogers op Boikhutso-weg aangeval is. 

Hy het geglo hul lewens wa in gevaar. Hy het beweer dat die minderjarige slagoffer deel van die skare was nadat hy sy vuurwapen uitgehaal het en verskeie skote geskiet om homself te verdedig. 

Hy is op dieselfde dag inhegtenis geneem nadat hy omstreeks 22:00 die aand homself aan die polisie oorhandig het. 


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.