On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Podcasts

Landbounuus-podcast: Private sektor betrokkenheid by regeringsprojekte 'n nuwe begin vir landbou

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 13:56 Wed, 20 Mar 2019

Landbounuus-podcast: Private sektor betrokkenheid by regeringsprojekte 'n nuwe begin vir landbou | News Article

Die private sektor se betrokkenheid by regeringsprojekte is 'n nuwe begin en goeie nuus vir die landboubedryf in die Vrystaat.


Die LUR van Landbou en Landelike ontwikkeling in die provinsie, Benny Malakoane, is van mening dat dié sektor se bydrae tot dié projekte 'n deurslaggewende rol gaan speel om 'n einde aan swak dienslewering veral met betrekking tot regeringsprojekte te bring. Malakoane het Woensdag op die departement se stimulus beleggingsberaad buite Bloemfontein gesê goeie samewerkingsverhoudinge tussen alle betrokkenes insluitende kommersiële boere en die regering is noodsaaklik vir landbou in die Vrystaat. Belanghebbers van verskeie landbou-organisasies en besighede, asook regeringsamptenare, het dié tweedaagse beraad bygewoon om saam met die betrokke regeringsdepartemente 'n provinsiale aksieplan op te stel wat daarop gemik is om ekonomiese groei te versnel met landbou as 'n dryfveer.

Mense in die sentrale binneland kan uitsien na mooiweer en warm toestande Donderdag op Menseregtedag met 'n groot kans op reën wat die naweek, Maandag en Dinsdag kan voorkom.  Quinton Jacobs, 'n voorspeller van die Bloemfonteinse weerkantoor, sê daar is Vrydag en Saterdag 'n 60%-kans op reën in die grootste deel van die Vrystaat en Noordwes. Hy sê warm toestande duur voort met temperature in die hoë twintigs en dertigs wat in die sentrale binneland verwag kan word. Volgens hom kan dit ietwat winderig wees met 'n windspoed van tussen 20km en 30km per uur.

EN

Nog 'n brokkie goeie nuus is dat OFM se Before Dawn-landbouprogram met Gerben van Niekerk in die Liberty radio-eerbewyse vir die beste nuus- en aktualiteitsprogram genomineer is. Before Dawn verskaf weeksdae van 05:00 tot 06:00 gehalte en insiggewende insetsels met die jongste nuus in die landboubedryf aan sy luisteraars. Lance Rothschild, uitvoerende hoof van die Liberty radio-eerbewyse, sê meer as 1,900 inskrywings is vanjaar ontvang en die  beoordelingsproses sal verseker dat die beste Suid-Afrikaanse radio-bydraes van die afgelope jaar erkenning ontvang.  Die Liberty radio-eerbewyse het ten doel om die radio-industrie te motiveer om hoë gehalte programme, wat luisteraars vermaak en ingelig, te lewer. Rothschild sê erkenning as 'n kategorie-finalis is reeds 'n beduidende prestasie. Martin van der Merwe en die vervaardiger, Duncan Bayne, van OFM se Big Breakfast, is genomineer in die kategorie beste oggendaanbieder. 'n Vervaardiger van OFM Lloyd Bosman is ook genomineer. Die wenners word op 13 April in Sandton aangewys.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.