On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor and Margaret
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Rugby

Coenie terug vir Toyota Vrystaat Cheetahs

───   17:05 Wed, 19 Sep 2012

Stut Coenie Oosthuizen is in die Toyota Vrystaat Cheetahs-groep ingesluit vir hulle Curriebekerwedstryd Saterdag teen die Blou Bulle in Pretoria.

Die Toyota Vrystaat Cheetahs se Curriebekerveldtog het ‘n reuse hupstoot gekry met die nuus dat kookwaterstut, Coenie Oosthuizen, in die groep van 22 ingesluit is vir hul wedstryd Saterdag teen die Blou Bulle in Pretoria.  Oosthuizen moes weens ‘n nekbesering geruime tyd op die kantlyn deurbring.  Afrigter, Naka Drotske, sê Oosthuizen se terugkeer tot die groep is uitstekende nuus vir die Vrystaters.  Drotske sê egter dit is steeds vir die jong Ross Geldenhuys ‘n geleentheid om sy waarde vir die span te bewys.  Die belowende vleuel Raymond Rhule is op buitesenter ingesluit in die plek van Andries Strauss, terwyl Rayno Benjamin in Rhule se plek sal diens doen.  Flank Philip van der Walt is ook in die beginspan ingesluit nadat hy van ‘n kniebesering herstel het.  Van der Walt vervang Hendro Scholtz, wat op die plaasvervangerbank gaan begin.  Die wedstryd tussen die Toyota Vrystaat Cheetahs en die Blou Bulle skop om 17:05 af.

Vrystaat Rugby-unie
 

More from Rugby

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.