On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Local News

Thea Brits op twee aanklagte vrygespreek

───   LANI LANI 15:37 Tue, 23 Apr 2013

Lani Fouché

Harrismith - Thea Brits, die dogter van die vermoorde dominee Willem van Harrismith, is vandag in die Harrismith Landdroshof vrygespreek van twee aanklagte.
 
Sy is onlangs aangekla van diefstal nadat sy glo haar verloofde, Gerhardus Vermeulen, se bankrekening leeggemaak het nadat hy verlede jaar saam met haar pa in hul pastorie vermoor is. Die ander aanklag was vir die rig van 'n vuurwapen wat vroeër die jaar deur een van haar broers aanhangig gemaak is. Dié is uitgegooi weens 'n tekort aan bewyse.
 
Dominee Willem en Vermeulen is verlede jaar vermoor en Willem se vrou, Dorothea, ernstig beseer - vermoedelik deur een van hul seuns, Martin, en 'n mede-beskuldigde Elliot Mhlambi. Thea was ongedeerd.

Thea het in 'n eksklusiewe onderhoud met OFM Nuus gesê sy is verlig dat sy nou vry is.

Sy sê om deur die publiek veroordeel te word is vir haar swaar.

Martin en Mhlambi moet weer op 15 Mei in die hof wees waar 'n verhoordatum na verwagting vasgestel sal word.



Podcasts

Thea Brits:

Thea Brits:

More from Local News

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.