On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agri Hour

#AgriSA Ekonomiese uitdagings groot vir boere in droogtegeteisterde Noord-Kaap

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:30 Mon, 15 Oct 2018

 #AgriSA Ekonomiese uitdagings groot vir boere in droogtegeteisterde Noord-Kaap | News Article
Nicol Jansen, Agri Noord-Kaap president.

Verteenwoordigers van provinsiale landbou-verenigings oor die land heen het Agri SA se kongres in Pretoria bygewoon.


OFM-nuus se Christal-Lize Muller het dié kongres wat Dinsdag en Woensdag plaasgevind het, bygewoon en met die president van Agri Noord-Kaap, Nicol Jansen,  gepraat oor sy indrukke daarvan  en die uitdagings wat boere in dié  provinsie in die gesig staar.  

Hy sê dit is goed dat Agri SA se mandate rondom grondhervorming op die kongres bespreek is sodat daar duidelikheid daaromtrent is. Die grondkwessie word egter in die droogtegeteiserde Noord-Kaap ietwat op die agtergrond geplaas, terwyl ekonomiese uitdagings op die voorgrond is.  Die lae produsenteprys en die feit dat boere onder druk is om kapitaal en vergrote oortrokke fasiliteite by instellings te kry, is ‘n harde werklikheid.




Dit was Nicol Jansen Agri Noord-Kaap se president. Skakel Dinsdagoggend in op Before Dawn wanneer Jansen verder praat oor boere se finansiële uitdagings in die droogtegeteisterde Noord-Kaap en die rol wat banke kan speel.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.