On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Gerben
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Shandor, Margaret, John and Nadine
Listen Live Streams

Agri Hour

Graan SA (GSA) raak betrokke by die Alfa-vee-ekspo

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:33 Mon, 23 Sep 2019

Graan SA (GSA) raak betrokke by die Alfa-vee-ekspo | News Article

Die African Livestock Trade Fair, oftewel Alfa, het vanjaar op ‘n hoë noot geëindig met ‘n aankondiging dat dit volgende jaar in samewerking met Graan SA (GSA) aangebied gaan word.


Alfa 2019 het verlede Dinsdag by die Afridome in Parys begin. Organiseerders het Donderdagaand op dié gewilde vee-ekspo bekendgemaak dat daar met GSA ooreengekom is om Alfa volgende jaar op Nampopark buite Bothaville in die Vrystaat aan te bied. Lynette Louw, uitvoerende hoof van Plaasmedia, ‘n organiseerder van Alfa, sê daar is groot opgewondenheid oor GSA se betrokkenheid. 

Sy sê GSA gaan voortaan dié ekspo, wat bekend gaan staan as Nampo Alfa, aanbied en die logistieke aspekte hanteer. Daar kom ook ‘n  wild en ‘n buitelewe komponent by, sê sy. Nampo Alfa sal na verwagting volgende jaar in September gehou word. 

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Louw gepraat…


Dit was Lynette Louw, uitvoerende hoof van Plaasmedia, ‘n organiseerder van die African Livestock Trade Fair, Alfa.



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.