On Now
Weekends 16:00 - 20:00
OFM Decades James
NEXT: 20:00 - 23:59 The Music Man Mix with The Music Man
Listen Live Streams

Agri Hour

Goeie reën bly vir eers weg, maar daar is hoop later vanjaar

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:15 Wed, 23 Oct 2019

Goeie reën bly vir eers weg, maar daar is hoop later vanjaar | News Article

Boere in die grootste deel van Suid-Afrika se somerproduksiegebiede het nog nie begin om hul landerye voor te berei vir planttyd nie, omdat dit nog nie goed gereën het nie.


Die tyd loop nou uit vir produsente in die verre sentrale en oostelike deel van die land, soos in Mpumalanga, waar die optimale planttyd vir mielies nou vinnig verby snel. Johan van den Berg, ‘n klimatoloog van Santam Landbou, sê produsente in die westelike produksiegebiede is, ten opsigte van aanplantings van hoofsaaklik mielies, nog nie in ‘n krisis gedompel nie. Daar is nog grondvog ná goeie reën vroeër vanjaar. Daarmee saam sê hy die vooruitsigte vir reën in die komende ses weke in die westelike produksiegebiede van die land sien nie goed daarna uit nie, maar toestande kan later verander.    

Volgens hom is een van die groot negatiewe faktore tans toestande in die Indiese Oseaan wat uiters ongunstig is. Dit is in die baie sterk positiewe fase. Die Indiese Oseaan se water teen die Afrika kuslyn, veral rondom Tanzanië, is baie warm teenoor die koeler water noordwes van Australië. Dit veroorsaak, hoewel daar nog nie tropiese siklone ontwikkel nie, sterk laagdrukstelsels aan die kant van die Indiese Oseaan nader aan die Afrika-kuslyn. Hy sê dit veroorsaak dat vog nie suidwaarts beweeg nie. In terme hiervan kan toestande teen Desember verander na ‘n meer neutrale fase.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat…


Sien onderstaande PODCAST


Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus


 



Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.