On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agri Hour

#Droogte: Agri SA maak planne bekend oor geldelike hulp aan boere

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:33 Thu, 07 Nov 2019

#Droogte: Agri SA maak planne bekend oor geldelike hulp aan boere | News Article

Agri SA is in die proses om doelgerigte planne in plek te stel, wat onder meer geldelike hulp van die regering insluit om aan boere hulp te verleen in gebiede in die land waar die voortslepende droogte kritiek is.


 Daarmee saam sê Christo van der Rheede, adjunk-uitvoerende direkteur van Agri SA, dié organisasie is teleurgesteld in die feit dat Tito Mboweni, Minister van Finansies, in sy mediumtermynbegrotingsraamwerk, MTBR, geen melding gemaak het van geldelike hulp deur die regering aan kommersiële en kleinboere nie. Van der Rheede sê Agri SA beoog om op ‘n mediakonferensie volgende Dinsdag in Pretoria, ‘n duidelike prentjie te skep oor die droogtesituasie in die land. Die jongste verwikkelinge rondom droogtetoestande en doelgerigte planne sal verskaf word.

Volgens hom moet daar nou ernstig gefokus word op die beskikbaarstelling van alternatiewe waterbronne, want ondergrondse bronne is uitgeput en té veel water word uit riviere vir landboudoeleindes onttrek. Hy sê seewater speel hier ‘n belangrike rol en stede in kusgebiede moet minder afhanklik word van reënval, water uit damme en riviere. Daar moet nou in ontsoutingsaanlegte belê word, wat in dié stede gevestig moet word.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Van der Rheede gepraat…


Sien onderstaande PODCAST


Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus



Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.