On Now
Weekends 16:00 - 20:00
OFM Decades James
NEXT: 20:00 - 23:59 The Music Man Mix with The Music Man
Listen Live Streams

Agri Hour

#LandbouHoop: Agri Noord-Kaap projek, 'Adopt a Dorp' goed op dreef

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:49 Mon, 11 Nov 2019

#LandbouHoop: Agri Noord-Kaap projek, 'Adopt a Dorp' goed op dreef | News Article

Agri Noord-Kaap se hulpverleningsprojek, 'Adopt a Dorp' is goed op dreef.


Janine Byleveld, operasionele bedryfsbeampte vir ekonomie, handel, water- en omgewingsake by dié organisasie, sê 'n bepaling van dorpe se behoeftes is reeds gedoen en daar is dorpe wat reeds inligting oor hul nood en behoeftes verskaf het. Sy sê profiele oor elke dorp word nou saamgestel en daar is reeds begin om van dié profiele aan maatskappye en sakeondernemings deur te gee.

Volgens Byleveld sluit dit al 14 dorpe oor die Noord-Kaap in, maar daagliks steek meer dorpe hul hand op vir hulp en om deel te wees van dié projek. Die behoeftebepaling behels ook die getal mense wat geraak word, en wat die onkoste gaan wees ten opsigte van hul behoeftes. 'n Tekort aan skoolgeld is van die uitdagings. Boere wat ver van dorpe bly, kan nie bekostig om hul kinders in skole se koshuise op dorpe te hou nie.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Byleveld gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Dit was Janine Byleveld, operasionele bedryfsbeampte vir ekonomie, handel, water- en omgewingsake by Agri Noord-Kaap.

OFM moedig luisteraars aan om betrokke te raak by die onderskeie droogtehulpprojekte wat ten doel het om landbougemeenskappe in droogtegeteisterde dele van die land, soos die Noord-Kaap, te ondersteun.

OFM het 'n webblad geskep waarop luisteraars inligting oor die droogtesituasie in die sentrale binneland kan verkry en skenkings kan doen. Skakels van organisasies, wat hulpverlening bied, is op die blad beskikbaar. Gaan na ofm.co.za, kliek op die Agri Aid-banier op die tuisblad om toegang te verkry. Vir die jonste nuus volg #LandbouHoop.

Deel ook jou droogtehulpprojekte met OFM en stuur 'n e-pos na news@ofm.co.za. Bel of Whatsapp Christal-Lize Muller by 082-851-8254.


OFM-nuus



Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.