On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agri Hour

#Landbouhoop: Koeponstelsel in plek vir regeringsveevoerprojek in droogtegeteisterde NK

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:54 Mon, 11 Nov 2019

#Landbouhoop: Koeponstelsel in plek vir regeringsveevoerprojek in droogtegeteisterde NK | News Article

Die situasie in die Noord-Kaap word by die dag meer kritiek met droogtetoestande wat oor 'n groot deel van dié provinsie toeneem.


Agri Noord-Kaap se president, Nicol Jansen, sê die situasie vererger weens geen vroeë somerreën wat juis ná die seisoenale winterdroogte verligting bring  nie. Ramptoestande vergroot in gebiede wat aanvanklik nie swaar geraak is nie. Hy sê sowat 70% van dié provinsie gaan nou onder rampdroogtetoestande gebuk en dié Noord-Kaapse gebiede wat geraak word, is groter as die Vrystaat-provinsie in geheel. Die intensiteit van die droogte is hoog.

Hy sê die proses, wat behels dat R30 miljoen deur die Noord-Kaapse regering vir onmiddellike hulpverlening beskikbaar gestel is, vorder goed. Koepons sal vandeesweeek beskikbaar gestel word aan boere en dit sal dan van die westelike deel na die oostelike deel in gebiede in dié provinsie versprei word. Jansen sê daar is hoop dat dié proses teen die einde vandeesmaand afgehandel sal wees.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Jansen gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Dit was Nicol Jansen, president van Agri Noord-Kaap slegs op OFM. Skakel later vanoggend in wanner Jansen op The Big Breakfast met Martin van der Merwe gesels oor verskeie hulpverleningsprojekte wat deur die organisasie begin is. Dit sluit onder meer in 'n projek waar gholfklubs oor die land heen nou aangemoedig word om vir boere te speel in 'n gholfdag later vandeesmaand.  


OFM-nuus



Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.