On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agri Hour

#LandbouHoop: Droogtehulp met Burre Burger gaan Gamoep-gemeenskap behoorlik bederf

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:45 Fri, 15 Nov 2019

#LandbouHoop: Droogtehulp met Burre Burger gaan Gamoep-gemeenskap behoorlik bederf | News Article

Die hulpverleningsorganisasie, Droogtehulp met Burre Burger, reik dié naweek uit na landbougemeenskappe in die hartjie van die Namakwaland in die Noord-Kaap.


Burger, wat dié organisasie gestig het, sê tien vragte mielies van Middelburg, Mpumalanga, is geskenk om aan boere by Gamoep uit te deel. ‘n Vrag boontjies, en vragte veevoer vorm deel van die veevoerskenking. Hy sê bederfpakkies gaan ook aan boere se vroue en kinders uitgedeel word. Dit gaan gedoen word in die vorm van ‘n noodspens ter waarde van R6,5 miljoen wat opgerig gaan word.

Burger sê mense het nie geskroom om hul harte en beursies vir landbougemeenskappe oop te maak nie sedert dié organisasie twee jaar gelede aktief met hulpverlening begin het. Dit brei maandeliks uit en fokus nou nie slegs op veevoerskenkings nie, want die nood is nou veel groter. 

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Burger gepraat…


Sien onderstaande PODCAST


Dit was Burre Burger die stigter van die hulpverleningsorganisasie, Droogtehulp met Burre Burger.

OFM moedig luisteraars aan om betrokke te raak by die onderskeie droogtehulpprojekte wat ten doel het om landbougemeenskappe in droogtegeteisterde dele van die land te ondersteun. OFM het 'n webblad geskep waarop luisteraars inligting oor die droogtesituasie in die sentrale binneland kan verkry en skenkings kan doen. Geldelike skenkings of ander bydraes kan op dié webtuiste aan bestaande projekte gemaak word. Skakels van organisasies, soos Droogtehulp met Burre Burger, is op hierdie blad beskikbaar. Gaan na ofm.co.za, kliek op die Agri Aid-banier op die tuisblad om toegang te verkry. Vir die jonste nuus volg die hutsteken #LandbouHoop. Deel ook jou droogtehulpprojekte met OFM en stuur 'n e-pos na news@ofm.co.za of WhatsApp na 084-222-9497.


OFM-nuus




Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.