On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agri Hour

#LandbouHoop: Agri SA vra openbare geldelike ondersteuning vir landbougemeenskappe

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:00 Mon, 18 Nov 2019

#LandbouHoop: Agri SA vra openbare geldelike ondersteuning vir landbougemeenskappe | News Article

Agri SA doen ‘n ernstige beroep op Suid-Afrikaners en sake-ondernemings om boere in droogtegeteisterde dele van die land deur middel van sy droogterampfonds te ondersteun.


 Omri van Zyl, uitvoerende direkteur van dié organisasie, sê dié Agri SA fonds is onafhanklik van die regering en hulp word direk aan boere verleen, soos wat geld deur provinsiale strukture in die fonds beskikbaar is. Agri SA het verlede week sy landbou-droogteverslag op ‘n mediakonferensie in Pretoria bekendgestel. Dit dui daarop dat die droogtesituasie in die Noord-, Wes-, en Oos-Kaap, asook Limpopo, nou in ‘n krisis ontaard het en dié regering sal vinnig moet ingryp om die provinsies as rampgebiede te verklaar.

Van Zyl het op die mediakonferensie ook aangekondig dat Agri SA nou ‘n ramphulpsentrum op die been gebring het. ‘n Taakspan is saamgestel om die uitdagings van klimaatsverandering en die droogte op die lange duur te bestuur. Agri SA het op die mediakonferensie sekere aanbevelings aan die regering en die nasionale ramphulpsentrum gemaak, wat onder meer die samestelling van 'n taakspan insluit.)

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Van Zyl gepraat…


Sien onderstaande PODCAST


Dit was Omri Van Zyl, uitvoerende direkteur van Agri SA slegs op Before Dawn. OFM moedig luisteraars aan om betrokke te raak by die onderskeie droogtehulpprojekte wat ten doel het om landbougemeenskappe in droogtegeteisterde dele van die land te ondersteun. OFM het 'n webblad geskep waarop luisteraars inligting oor die droogtesituasie in die sentrale binneland kan verkry en skenkings kan doen. Geldelike skenkings of ander bydraes kan op dié webtuiste aan bestaande projekte gemaak word. Skakels van organisasies, soos Droogtehulp met Burre Burger, is op hierdie blad beskikbaar. Gaan na ofm.co.za en kliek op die Agri Aid-banier op die tuisblad om toegang te verkry. Vir die jonste nuus volg die hutsteken #LandbouHoop. Deel ook jou droogtehulpprojekte met OFM en stuur 'n e-pos na news@ofm.co.za of WhatsApp na 084-222-9497.


OFM-nuus




Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.