On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

#LandbouHoop: Skenkings nodig om koringoeste by Vanderkloof van landerye af te haal

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:59 Wed, 20 Nov 2019

#LandbouHoop: Skenkings nodig om koringoeste by Vanderkloof van landerye af te haal | News Article

Koringprodusente by Vanderkloof in die Noord-Kaap se koringoeste onder besproeiing het onlangs rypskade gehad en altesaam 1 500 hektaar in dié gebied tot by Orania is geraak.


Dié produsente, in samewerking met Agri Noord-Kaap, en hulpverleningsorganisasies, Save the Sheep en Gift of the Givers, wil dié koring op die landerye nou aan ander boere skenk vir veevoerdoeleindes in dié droogtegeteisterde provinsie. Agri Noord-Kaap se president, Nicol Jansen, sê dié produsente het oesversekering en daarom wil hulle dié koring, waarvan die voedingswaarde nog goed is, hark en baal voordat dit ryp word om as veevoer beskikbaar te stel. Jansen sê dit is egter ‘n reuse taak, wat kapitaalintensief is, terwyl daar tydsbeperkinge is.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Jansen gepraat…


Sien onderstaande PODCAST


Hy doen ‘n beroep op gemeenskappe, besighede en sakeondernemings om dringend betrokke te raak, veral ten opsigte van geldelike skenkings. Jansen vra mense wat geldelike skenkings wil maak om ofm.co.za of agrink.co.za te besoek. OFM-luisteraars wat betrokke wil raak by die onderskeie droogtehulpprojekte wat ten doel het om landbougemeenskappe in droogtegeteisterde dele van die land te ondersteun kan na OFM se webblad gaan. Inligting oor die droogtesituasie in die sentrale binneland kan verkry word. Geldelike skenkings of ander bydraes kan op dié webtuiste aan bestaande projekte gemaak word. Skakels van organisasies, soos Agri Noord-Kaap se droogtehulpfonds, is op hierdie blad beskikbaar. Gaan na ofm.co.za, kliek op die Agri Aid-banier op die tuisblad om toegang te verkry. Vir die jonste nuus volg die hutsteken #LandbouHoop. 

Deel ook jou droogtehulpprojekte met OFM en stuur 'n e-pos na news@ofm.co.za of WhatsApp na 084-222-9497.

Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus





Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.