On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agri Hour

#LandbouHoop: NK-boer sê sy wroeg met die droogte, maar God se genade is groot

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:55 Mon, 25 Nov 2019

#LandbouHoop: NK-boer sê sy wroeg met die droogte, maar God se genade is groot | News Article
FOTO: Boeredroogtehulp SA

Dit is 'n sielestryd en 'n wroeging vir boere in die droogtegeteisterde Noord-Kaap om met die impak van die droogte steeds staande te bly.


Hester Maasdorp, wat op die plaas Zuurwater in die Aggeneys-distrik saam met haar man, Deon met skape, beeste en bokke boer, sê hulle het nie geld om hul koskaste vol te hou nie. Sy sê meer belangrik is die feit dat daar nie weiding oor is vir hul kuddes nie. Hul skaapkudde is aansienlik uitgedun en hulle geld het ook opgeraak om veevoer ten duurste aan te koop. Maasdorp vertel juis daarom is daar groot dankbaarheid vir veevoerskenkings en ander skenkings van noodlenigingsorganisasies soos Boeredroogtehulp SA.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met haar gepraat…


Sien onderstaande PODCAST


Boeredroogtehulp SA, waarvan Chris van Beljon aan die stuur is, het verlede Donderdag ‘n vrag vol groot bale mieliereste vir agt boere in die Aggeneys-distrik, afgelewer. Maasdorp was onder dié boere wat die veevoerskenking ontvang het. 

Dit was Hester Maasdorp van die plaas Zuurwater in die Aggeneys-distrik in die Noord-Kaap, slegs op Before Dawn.

Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus



Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.