On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agri Hour

Kraaie gaan gaap in sentrale binneland

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:38 Wed, 27 Nov 2019

Kraaie gaan gaap in sentrale binneland | News Article
FOTO: Bloemfontein Courant

Die kraaie gaan vandeesweek in ‘n groot deel van die sentrale binneland gaap met maksimum temperature wat heelwat gaan styg.


Michael Nethavani, 'n voorspeller van die Bloemfonteinse weerkantoor, sê die kwik gaan na verwagting van vandag af tot Vrydag in die westelike deel van die Vrystaat en Noordwes en die grootste deel van die Noord-Kaap styg. In seker gebiede gaan daar hittegolftoestande wees met temperature bo 36 grade Celsius wat verwag word. Daar is ook nie vandeesweek positiewe vooruitsigte op goeie reën in die grootste deel van die sentrale binneland nie, maar die situasie verander ietwat teen volgende week.  

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Nethavani gepraat…


Sien onderstaande PODCAST


Dit was Michael Nethavani, ‘n voorspeller van die Bloemfonteinse weerkantoor. Bly ingeskakel wanneer ons later in die program regstreeks met ‘n voorspeller in die Bloemfonteinse weerkantoor praat oor weerstoestande vandag in die sentrale binneland.


OFM-nuus




Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.