On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

#Net'nDruppel: Opkomende Noord-Kaapse boer op moedverloor se vlakte

───   05:02 Wed, 11 Dec 2019

#Net'nDruppel: Opkomende Noord-Kaapse boer op moedverloor se vlakte | News Article
Frank du Toit FOTO: Blaine Jones

‘n Opkomende boer in die Griekwastad-distrik in die Noord-Kaap is op moedverloor se vlakte weens die voortslepende droogte en as dit nie binnekort goed reën nie sal hy sy plaashekke noodgedwonge moet sluit.


Frank du Toit van die plaas Kranshoek, wat hy van die regering ontvang het, sê sy geld is op. As dit nie vir sy kinders se geldelike ondersteuning was nie, sou hy nie verder kon boer of sy getroue plaaswerkers vergoed nie. Du Toit boer met skape en bokke. Sy plaas is op ‘n mediatoer, as deel van Agri Noord-Kaap en GWK se “Net ‘n Druppel”-inisiatief, besoek. Dié inisiatief het ten doel om boere se nood aan die res van die land te beklemtoon. OFM-nuus se Blaine Jones het met Du Toit gepraat…

Dit was Frank du Toit, ‘n boer van die Griekwastad-distrik.


Sien onderstaande PODCAST


Steeds by Du Toit, wat dit nou oorweeg om af te tree en tou op te gooi indien dit nie reën nie. Hy sê hy het geen ander keuse nie behalwe as die sluise van die hemel nou skielik oopgaan. Ricardo Block en Sam Kangela is werkers op Du Toit se plaas. Block sê die droogte het sy werkslas verhoog, terwyl Kangela bekommerd is oor sy werkgewer, Du Toit, se moontlike aftrede as dit nie spoedig reën nie.

OFM-nuus se Blaine Jones het met hulle gepraat…


Sien onderstaande PODCAST


Dit was Ricardo Block en Sam Kangela, plaaswerkers by Griekwastad.    


OFM-nuus/Blaine Jones




Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.