On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agri Hour

#AgriNoord-Kaap: Die regering moet sy rol besef, sê Jansen

───   05:11 Wed, 11 Dec 2019

#AgriNoord-Kaap: Die regering moet sy rol besef, sê Jansen | News Article
Nicolo Jansen FOTO: Blaine Jones

Agri Noord-Kaap speel ‘n groot rol om die regering te reguleer in terme van die instandhouding van dié provinsie se ekonomie.


Dié organisasie se president, Nicol Jansen, sê Agri Noord-Kaap het daarin geslaag om die regering aan boord te kry nadat die adjunkpresident van Suid-Afrika, David Mabuza, dié provinsie onlangs besoek het om op hoogte te kom van die plaaslike droogtesituasie. Die Noord-Kaapse regering het daarna R30 miljoen beskikbaar gestel vir droogtehulp. Veevoer is met die geld aangekoop en word versprei oor dele van die Noord-Kaap volgens ‘n koeponstelsel. Jansen sê opkomende boere is baie dankbaar daarvoor. Hy het op Agri Noord-Kaap en die landboubesigheid, GWK, se “Net ‘n Druppel”-inisiatief, wat ten doel het om bewustheid te kweek oor die uitdagende toestande van boere in droogtetoestande, aan OFM-nuus se Blaine Jones gesê die regering moet meer betrokke raak in ‘n poging om die Noord-Kaap se ekonomie te red.


Sien onderstaande PODCAST


Volgens Jansen het boere in die Noord-Kaap die vermoë ontwikkel om vas te byt in uitdagende toestande, maar hy is bekommerd oor die toekoms van landbou en die provinsie in geheel, omdat talle gemeenskappe op die laaste been is. Slegs goeie reën kan dié situasie verander, maar nie almal gaan in die proses “gered” kan word nie.  “Almal gaan nie ongeskonde hieruit kom nie,” sê hy. Boere gaan verlore gaan vir die bedryf en wat meer kommerwekkend is, is die pad na herstel wat volgens hom jare gaan neem. Daarom moet die regering sy rol besef en nie toelaat dat landbou se ekonomie platval nie, omdat die regering nie “tydige klein beleggings” maak nie. 


OFM-nuus/Blaine Jones



Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.