On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

#SADroogte: Herprioritiseer regeringsgeld vir droogtehulp, pleit NK-boere

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 07:15 Thu, 09 Jan 2020

#SADroogte: Herprioritiseer regeringsgeld vir droogtehulp, pleit NK-boere | News Article

Ander pogings sal aangewend moet word en kreatiewe planne insluit om regeringsgeld te herprioritiseer om droogtehulp in Suid-Afrika beskikbaar te stel.


 Dít is van die raakpunte wat georganiseerde landbou in die Noord-Kaap Dinsdag onder die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Thoko Didiza, se aandag gebring het. Didiza en die LUR van landbou in dié provinsie, Nomandla Bloem, het met boere in Kimberley vergader. Dít vorm deel van die ANC se besoek aan dié provinsie ter viering van sy 108ste bestaansjaar. Nicol Jansen, president van Agri Noord-Kaap, sê daar is groot dankbaarheid vir Didiza se besoek, en die geleentheid is ten volle benut om die heersende droogtesituasie te bespreek. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Jansen gepraat…


Sien onderstaande PODCAST


Jansen meen die regering se bewustheid van die situasie in die Noord-Kaap weens die voortslepende droogte was opmerklik op die vergadering, en die behoefte en nood van gemeenskappe word raakgesien. Die werklikheid bly egter dat die fiskus nie bykomende geld tot sy beskikking het om dié ramp in die Noord-Kaap te bestuur nie.

Hy sê dit beteken nie dat die regering nie hulp aan boere gaan verleen nie, maar kreatiewe planne sal moet beraam en in plek stel om regeringsgeld te herprioritiseer en toe te deel aan departemente.

Hy sê dit is ook duidelik aan Didiza en Bloem gestel dat daar verseker moet word dat die Noord-Kaap steeds vir nasionale regeringshulp kwalifiseer, al is die provinsie se droogterampverklaring nog nie in die Staatskoerant gepubliseer nie.


OFM-nuus



Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.