On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agri Hour

#SADroogte: Dit reën kol-kol in NK, talle gebiede smag nog na reën

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:47 Fri, 10 Jan 2020

#SADroogte: Dit reën kol-kol in NK, talle gebiede smag nog na reën | News Article
FOTO: SA-Venues

Dit het vandeesweek wyd gereën in ‘n groot gedeelte van die sentrale binneland wat die sentrale, oostelike en westelike deel van die Vrystaat en Noordwes insluit.


Daarmee saam het dit ook goed in die oostelike en noordelike gedeelte van die Noord-Kaap gereën, terwyl dit kol-kol in die sentrale en suidelike gebiede van dié provinsie gereën het. Alba Louw, voorsitter van die Soutrivier-landbouvereniging en sekretaresse van die Boesmanland-landbou-unie, wat gebiede by Pofadder, Nous Wes, Soutrivier en die Hartbeesboerevereniging en Kleinbegin insluit, sê daar is gebiede wat vandeesweek neerslae gehad het, maar op hul plaas, sowat 80km van Kenhard in die rigting van Pofadder, het dit verlede jaar laas gereën. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met haar gepraat…


Sien onderstaande PODCAST


Sy sê by Brandvlei het reënval tussen 22mm en 30mm gewissel, maar by Soutrivier van Kakamas en Loeriesfontein, is dit baie droog en boere in dié gebied het nog nie ‘n drupel reën vanjaar gehad nie. Louw sê op hul plaas, waar haar man Willie ook met Swakara-skape boer, word hul skaapkuddes in voerkrale gehou en diere in die veld kry lek-aanvullings, omdat daar nie meer weiding beskikbaar is nie.

Louw sê hulle word nog nie ontmoedig deur die swak reënval nie en glo vas reën sal verligting bring. “Ons staan vas en glo en vertrou werklik dat die Here vir ons reën gaan gee.”

Sy vertel die eerste spoor van reën is daar, want as “die reën sy spoor gevat het, dan kom hy (reën) weer.”  


OFM-nuus




Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.