On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri Noord-Kaap pas volgehoue druk toe op regering vir droogteramphulp

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:19 Fri, 24 Jan 2020

Agri Noord-Kaap pas volgehoue druk toe op regering vir droogteramphulp | News Article

Die Noord-Kaap is amptelik deur premier Zamani Saul as 'n rampgebied verklaar, terwyl die droogtesituasie in 'n groot deel van dié provinsie by die dag vererger.


In die suidelike, westelike en sentrale dele van dié provinsie is die situasie kritiek.  Agri Noord-Kaap se president, Nicol Jansen, sê dit is ook na 'n lang gewag in die Staatskoerant gepubliseer en dit stel die bedryf nou in staat om op 'n nasionale grondslag by die onderskeie regeringsdepartement vir droogtehulp aan te klop. Hy sê Agri Noord-Kaap sal volgehoue druk plaas op betrokkenes om regeringsgeld te herprioritiseer vir droogtehulpverlening. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Jansen sê daar is nog nie duidelikheid oor hoe die R300 miljoen van die departement van water en sanitasie vir droogtehulpverlening aangewend gaan word nie. Dit kom nadat minister Lindiwe Sisulu onlangs onderneem het om dié geld beskikbaar te stel om onder meer boorgate te boor. Georganiseerde landbou is egter  in verbinding met die departement oor hoe die geld aangewend gaan word. Jansen sê dit is duidelik dat geld beskikbaar gestel gaan word vir munisipale waterinfrastruktuur, maar landbou kan ook in die proses ondersteun word.


OFM-nuus




Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.