On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agri Hour

Onteieningswetsontwerp stuur verkeerde sein uit in SA se ekonomie

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:53 Wed, 29 Jan 2020

Onteieningswetsontwerp stuur verkeerde sein uit in SA se ekonomie | News Article
FOTO: Agri SA

Agri SA volstaan by sy standpunt dat die wysiging van Artikel 25 van die Grondwet, wat voorsiening maak vir onteiening van eiendom sonder vergoeding, onnodig is.


Annelize Crosby, hoof van grondsake by Agri SA se Sentrum van Uitnemendheid, sê dié grondwetwysiging stuur 'n verkeerde sein uit in Suid-Afrika se ekonomie en veral in die landboubedryf. Volgens haar is vergoeding  nie die rede waarom grondhervorming in Suid-Afrika stadig vorder nie en die wysiging gaan nie ‘n verskil maak aan hoe grondhervorming in die land verloop nie. Haar reaksie kom nadat pres. Cyril Ramaphosa bekendgemaak het die ANC wil hê die uitvoerende gesag en nié die howe nie moet 'n vergoedingsbedrag bepaal, indien grond onteien word. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Crosby gepraat…


Sien onderstaande PODCAST


In die lig hiervan verwys Crosby na die kategorieë in die bestaande onteieningswetsontwerp, waarvan die kommentaar eerskomende Vrydag by die Parlement ingedien moet word. Hierin word dit gestel dat grond teen ‘n nul-vergoeding onteien kan word en dit sluit onder meer grond in waar daar eise van huurarbeiders is, asook waar die belegging hoër as die markwaarde van die grond is. Sy stel die landbougemeenskap gerus dat hoewel dié proses ver gevorder is, lê daar nog ‘n lang pad voor waarin eers die Parlement en dan die Raad van Provinsies daaroor moet stem. Litigasie om dié proses te stuit is ook ‘n opsie.


OFM-nuus




Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.