On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Nolwethu
Listen Live Streams

Agri Hour

Africa agri Tech: Afgri-Landboudienste glo in die nuutste tegnologie

───   06:45 Tue, 11 Feb 2020

Africa agri Tech:  Afgri-Landboudienste glo in die nuutste tegnologie | News Article

Dit is vir Afgri-landboudienste belangrik dat produsente aan die nuutste tegnologie blootgestel is sodat hulle meer kompeterend kan boer.


Jacob de Villiers, hoofuitvoerende beampte van Afgri-Landboudienste, sê produsente moet toegang hê tot dit wat in die wêreld beskikbaar is. Dit is juis daarom dat Afgri-landboudienste vanjaar een van die hoofborge by die Africa Agri Tech, oftewel AAT, se konferensie en ekspo is, wat later vandeesmaand in Pretoria plaasvind.  OFM se Gerben van Niekerk het met De Villiers gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Die AAT-konferensie fokus op die impak van die nuutste vooruitgang op die gebied van wetenskap en tegnologie wat landbouprodusente bemagtig om groter doeltreffendheid, produktiwiteit en winsgewendheid te bereik. De Villiers sê  die vooruitgang van tegnologie het 'n invloed op moderne boerderye.

Dit was Jacob de Villiers, hoofuitvoerende beampte van Afgri-Landboudienste, slegs op Before Dawn. Die AAT-konferensie en ekspo vind vanaf 18 tot 20 Februarie in die Sun Arena en die Maslow Hotel in Menlyn, Pretoria, plaas. Die konferensie is daagliks van 08:00 tot 13:00 en weer van 14:00 tot 17:00. Die uitstalling is daagliks van 14:00 tot 17:00. Vir meer inligting besoek media@africa-agri.co.za.


OFM-nuus




Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.