On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agri Hour

Boere Droogtehulp SA sy eie vragmotor kwyt

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 08:31 Wed, 26 Feb 2020

Boere Droogtehulp SA sy eie vragmotor kwyt | News Article
FOTO: Verskaf

Die nie-winsgewende maatskappy, Boere Droogtehulp SA, is een van sy kleiner vragmotors, wat gebruik is vir droogtehulp, kwyt.


Chris van Beljon, stigter van dié maatskappy, sê die bestuurder van dié vragmotor, en ‘n lid van dié maatskappy, Charles Blignaut, moes Saterdagaand in Rustenburg etlike meters vanaf sy huis deur nooddienste met meganiese toerusting uit die wrak gesny word. Dit kom nadat ‘n bakkie glo reg van voor met dié vragmotor gebots het. Van Beljon, sê daar is groot dankbaarheid dat niemand ernstig beseer nie, maar dié vragmotor gaan nie weer gebruik kan word nie. Dit is slegs een van twee vragmotors wat aan dié maatskappy behoort. Die ander vragmotor is ook buite werking weens enjinprobleme. Sonder sy enigste eie vervoermiddele lê daar ‘n opdraendestryd vir Boere Droogtehulp SA voor… OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Van Beljon gepraat….


Sien onderstaande PODCAST


Hy sê die feit dat dié maatskappy nie sy eie vragmotors kan gebruik nie, is slegte nuus, want daar is nie geld om nuwe vragmotors te koop nie, en vragmotors wat middele kan vervoer, moet nou gehuur word. Hy sê Boere Droogtehulp SA huur reeds teen ‘n billike tarief ‘n aantal vragmotors wat vir verspreidingsdoeleindes gebruik word, maar dit kos steeds meer as wat dit sou indien sy eie vragmotor gebruik is.

Van Beljon sê dié maatskappy gaan egter voortgaan om droogtehulp aan boere in onder meer die Noord-Kaap en gebiede in die Oos- en Wes-Kaap te verskaf, want die situasie in sekere gebiede is steeds kritiek. Al het dit in sekere gebiede gereën en ‘n mate van verligting gebring, was dié reën kol-kol en daar is groot gebiede wat nog nie reën gehad het nie. Daarmee lê die wintermaande voor.

Die probleem in dié verband is dat boere ‘n groot deel van hul kudde moes verkoop tydens die droogtetoestande om te oorleef. Hulle het nou slegs van hul kernkuddes oor en dié kuddes moet opgebou word. Vee kan nie onmiddellik van droë veevoer na groenvoer oorskakel nie, dit is ‘n stelselmatige proses.)

Dit was Chris van Beljon, stigter van dié nie-winsgewende maatskappy, Boere Droogtehulp SA, slegs op Before Dawn. OFM raai luisteraars aan om betrokke te raak by die onderskeie droogtehulpprojekte, wat ten doel het om landbougemeenskappe te ondersteun. OFM het 'n webblad geskep waarop luisteraars inligting oor die droogtesituasie in die sentrale binneland en in ander provinsies kan verkry en skenkings kan doen. Skakels van organisasies, soos Boere Droogtehulp SA, Agri SA asook Agri Noord-Kaap, is op hierdie OFM-blad beskikbaar. Gaan na ofm.co.za, en kliek op die Agri Aid-banier op die tuisblad om toegang te verkry. Vir die jongste nuus volg die hutsmerk #LandbouHoop.


OFM-nuus




Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.