On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agri Hour

Namakwaland-kommunale boere byt vas, al reën dit min

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 07:41 Tue, 03 Mar 2020

Namakwaland-kommunale boere byt vas, al reën dit min | News Article

Al reën dit min in sekere gebiede in die Namakwaland is daar steeds hoop dat goeie reën verligting gaan bring.


Robert Drage, ‘n veeboer in die Steinkopf-distrik, sê al waaraan boere kan vashou is hul hoop op reën. Drage, wat op kommunuale grond boer in dié distrik, sê hy moes sy skaapkudde aansienlik verminder weens die voortlepende droogte. Dit het die afgelope twee jaar bitter min in dié distrik gereën, maar boere byt vas en dié wat dit kan bekostig koop veevoer vir hul oorblywende kuddes aan. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat…


Sien onderstaande PODCAST


Drage sê dit het Sondag kol-kol gereën in die Steinkopf-gebied, en daar is groot dankbaarheid vir elke druppel reën/ Dit is ‘n lekker gevoel wat nie beskryf kan word wanneer die reën val nie, al is dit min, help elke bietjie.


Dit was Robert Drage, ‘n veeboer in die Namakwaland, slegs op Before Dawn.

Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Pieter Venter op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus


Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.