On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agri Hour

Droogtehulp steeds nodig in Noord-Kaap, pleit boere

───   05:27 Thu, 26 Mar 2020

Droogtehulp steeds nodig in Noord-Kaap, pleit boere | News Article

Die uitdagings ten opsigte van die beheer van die koronavirus in Suid-Afrika is groot.


In 'n poging om voedselsekerheid te verseker gaan landboubedrywighede  egter voort tydens die nasionale inperking van 21 dae,  wat vandeesweek deur pres. Cyril Ramaphosa  aangekondig is, om die verspreiding van die Covid-19-virus te beperk. 

Intussen is daar steeds boere in die Noord-Kaap wat gebuk gaan onder erge droogtetoestande al het dit kol-kol in dié provinsie gereën.   

Soos oudergewoonte op 'n Donderdag praat ons met die president van Agri Noord-Kaap, Nicol Jansen, oor die situasie rakende die droogte in dié provinsie.

OFM se Gerben van Niekerk het op die Big Breakfast met Jansen gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Dit was Nicol Jansen, president van Agri Noord-Kaap, slegs op OFM. Daarmee saam moedig OFM luisteraars aan om betrokke te raak by die onderskeie droogtehulpprojekte, wat ten doel het om landbougemeenskappe te ondersteun. OFM het 'n webblad geskep waarop luisteraars inligting oor die droogtesituasie in die sentrale binneland en in ander provinsies kan verkry en skenkings kan doen. Skakels van organisasies, soos Agri SA asook Agri Noord-Kaap, is op hierdie OFM-blad beskikbaar. Gaan na ofm.co.za, kliek op die Agri Aid-banier op die tuisblad om toegang te verkry. Vir die jongste nuus volg die hutsmerk #LandbouHoop.


OFM-nuus

 

 



Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.