On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agri Hour

Droogtehulp steeds verleen tydens inperkingstydperk

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:03 Mon, 30 Mar 2020

Droogtehulp steeds verleen tydens inperkingstydperk  | News Article

Die nasionale inperking hou 'n uitdaging in vir die landboubedryf, veral ten opsigte van droogtehulpprojekte.


Agri Noord-Kaap gee egter sy versekering dat daar onverpoos voortgegaan sal word om hulp, veral in terme van veevoer, aan boere in dié droogtegeteisterde provinsie te verleen. Dit is volgens Nicol Jansen, president van Agri Noord-Kaap, wat sê sowat 4 500 sakke voerkorrels wat bekom is deur verskeie geldinsamelingsprojekte, sal steeds versprei word aan boere wat dringend hulp benodig. Hy sê dit vorm deel van dié organisasie se toegewydheid tot boere wat swaar geraak word deur die droogte....

Hier is Jansen...


Sien onderstaande PODCAST


Daar gaan uitdagings wees soos onder meer om beskikbare vragmotors te kry vir vervoerdoeleindes. Nog 'n haakplek gaan wees om wetlik permitte te ontvang in terme van die droogtehulpwetgewing, maar Agri Noord-Kaap sal voortgaan om hulp te verleen, sê Jansen.  Daar is groot dankbaarheid vir hulp wat al verleen is danksy mense wat hul harte en beursies oopgemaak het vir boere wat in nood verkeer weens die ramptoestande in 60% van die Noord-Kaap weens droogte.

OFM moedig luisteraars aan om betrokke te raak by die onderskeie droogtehulpprojekte wat ten doel het om landbougemeenskappe in droogtegeteisterde dele van die land, soos die Noord-Kaap, te ondersteun. Juis daarom het OFM 'n webblad geskep waarop luisteraars inligting oor die droogtesituasie in die sentrale binneland kan verkry en skenkings kan doen. 

Skenkings of ander bydraes kan op dié webtuiste aan bestaande projekte gemaak word. Skakels van organisasies, wat hulpverlening bied, is op die blad beskikbaar. Gaan na ofm.co.za, kliek op die Agri Aid-banier op die tuisblad om toegang te verkry. Vir die jongste nuus, volg #LandbouHoop.

Deel ook jou droogtehulpprojekte met OFM en stuur 'n e-pos na news@ofm.co.za of WhatsApp 084-222-9497 of 082-851-8254.

Landbougemeenskappe word ook aangemoedig om foto's en video's te e-pos of te WhatsApp sodat Suid-Afrika kennis kan neem van hul situasie. 


OFM-nuus



PRESENTER OUTRO: Dit was Nicol Jansen, president van Agri Noord-Kaap.


Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.