On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Agri Hour

Droogtetoestande heers steeds in meer as helfte van NK

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 07:54 Wed, 29 Apr 2020

Droogtetoestande heers steeds in meer as helfte van NK | News Article
FOTO: Pinterest

Meer as die helfte van die Noord-Kaap bestaan steeds uit droogtegeteisterde gebiede.


Dit is volgens Janine Byleveld, operasionele bestuurder vir ekonomie, handel, water- en omgewingsake by Agri Noord-Kaap, wat meen al het dit in sekere gebiede die afgelope week gereën, is daar gebiede wat steeds min tot geen reën ontvang het nie. Sy sê in die meeste gebiede het dit kol-kol gereën, en die droogte is geensins gebreek nie.  OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met haar gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Sy sê in die noordelike gedeelte van dié provinsie het dit tussen 0mm en 45mm gereën. Dit sluit gebiede by Kuruman, Van Zylsrus en Upington in. In die westelike gedeeltes by Aggeneys, Springbok en Fraserburg het dit tussen 12mm en 0mm gereën. Daar is enkele plase in die suidelike gedeeltes by Williston, Carnarvon waar boere 100mm reën gemeet het, maar in die res van dié gebied was die gemiddelde reënval tussen 0mm en 10mm. Byleveld sê in die oostelike gedeeltes het dit 50mm gereën en daar is groot dankbaarheid onder boere vir elke druppel. 

Dié laat reëns in die somerreënvalgebiede van die Noord-Kaap is bykans te laat vir die veld om te herstel, meen sy. In die winterreënvalgebiede het enkele buie ook die afgelope week voorgekom, maar alle hoop is op die winter vir nog reën gevestig, want boere vanaf Olifantshoek in 'n westelike rigting tot by Carnarvon en verder weswaarts kry steeds swaar en moet veevoer aankoop. 

Dit was Janine Byleveld, operasionele bestuurder vir ekonomie, handel, water-en omgewingsake by Agri Noord-Kaap slegs op die Agri-Uur.


OFM-nuus


Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.