On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agri Hour

Moontlike samesmelting van agri-besighede vorder goed

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 08:14 Thu, 04 Jun 2020

Moontlike samesmelting van agri-besighede vorder goed | News Article

Die proses rondom die moontlike samesmelting van die agribesighede Senwes en Suidwes Landbou vorder goed.


Die groep uitvoerende beampte van Suidwes Landbou, dr. Herman van Schalkwyk, sê dié groep se algemene jaarvergadering wat Vrydag plaasgevind het, het goed afgeloop met 'n goeie uitslag ten gunste van die samesmelting. Suidwes Landbou se aandeelhouers was ten gunste van dié amalgamasie of samesmelting.  Van Schalkwyk sê die mededingingskommissie moet egter nou besluit daaroor, maar hulle is hoopvol om 'n antwoord in die komende twee weke van dié kommissie te ontvang. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Hy sê indien die samesmelting plaasvind, sal dié twee agribesighede as 'n eenheid funksioneer, maar Suidwes Landbou se dienslewering sal nie daardeur geraak word nie. Volgens hom sal daar redelike veranderings plaasvind, veral in terme van integrasie op hoofkantoorvlak. Dit sal die gevolg wees waar daar waarskynlik gedupliseerde punte is. Hy meen beter diens gaan dan gelewer kan word omdat die oorhoofse koste per eenheid laer sal wees. Dit kom daarop neer dat daar meer doeltreffend gefunksioneer sal kan word.  

Van Schalkwyk sê die rede wat aanleiding gegee het tot dié moontlike samesmelting, sluit basies in dat dit duidelik is in die landboubedryf dat die getal boere in die afgelope paar jaar verminder het. Dit beteken egter nie die oppervlakte wat bewerk word, het verklein nie, maar die getal kliënte waarmee daar besigheid gedoen word, het afgeneem. Landboubesighede in die land word al meer daardeur geraak, meen hy.

Van Schalkwyk is egter positief oor die toekoms en dat meer amalgamasies of samesmeltings in die bedryf verwag kan word.

Hy sê daarmee saam die Covid-19-pandemie het 'n impak op Suid-Afrikaners gehad en die feit dat landbou as 'n noodsaaklike diens geklassifiseer is, het daartoe bygedra dat daar met kritiese aspekte voortgegaan kon word. Daar was uitdagings soos werknemers van dié agribesigheid, wat van die huis werk, wat weer logistieke probleme veroorsaak.

Sekere produkte word ook nie as noodsaaklik beskou nie, wat 'n impak op insette het en weer op dié besigheid en mense se moraal 'n invloed het. Dit is daarom steeds 'n uitdaging om 'n besigheid in dié tipe toestande te bestuur, maar daar is steeds baie dankbaarheid dat Suidwes Landbou in 'n mate kon voortgaan. Die afgelope paar jaar was ook uitdagende tye gewees, veral ten opsigte van droogtetoestande.

Dit was dr. Herman van Schalkwyk, groep uitvoerende beampte van Suidwes Landbou, slegs op die Agri-Uur 


OFM-nuus

 




Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.