On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Fri, 05 Jun 2020

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article
FOTO: Graan SA (GSA)

Die Safex-verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.


Mielies:

Die verwagte natter toestande wat die naweek in die VSA behoort te heers het die Amerikaanse mielieprys ondersteun aangesien groot gedeeltes reeds as gevolg van te nat toestande nie optimaal kon plant nie.

Die verwagtinge vir die week se weeklikse uitvoerverkope is positief met goeie vraag in die internasionale konteks.

Die plaaslike mieliemark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is van wit en geelmielies.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2020, R13/ton hoër verhandel vir die dag om teen R2 379/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2020, R13/ton laer verhandel om teen R2 500/ton te sluit.


Sojabone: 

Die Amerikaanse sojaboonmark verhandel steeds sterk met optimisme dat die Chinese aanvraag na sojabone steeds sterk is.

In die Amerikaanse sojaboonmark is die verwagtinge vir die weeklikse uitvoerverkope ook positief.

Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Julie 2020, R120/ton hoër verhandel vir die dag om teen R6 602/ton te sluit.


Koring:

Die Amerikaanse koringmark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag met warm toestande wat in die Suidelike Pleine van die VSA heers.

Die verwagting in die mark is ook dat die Amerikaanse koring-uitvoer vir die week meer behoort te wees hierdie week.

Die plaaslike koringmark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Julie 2020, R42/ton laer verhandel om teen R5 185/ton te sluit.

 

 OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.