On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Drakensberger-genootskap skroom nie met droogtehulpverlening

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:00 Wed, 17 Jun 2020

Drakensberger-genootskap skroom nie met droogtehulpverlening | News Article

Lede van die Drakensberger-beestelersgenootskap het nie twee keer gedink om droogtehulp te verleen aan medeboere in nood nie.


Henk Delport, adjunkpresident van dié genootskap, sê daar is 'n noue band tussen die genootskap se lede en toe die noodkrete van boere in die Kalahari en Namibië begin instroom, het die genootskap nie geskroom om 'n helpende hand te verleen nie. Hy sê dit het alles begin toe 'n boer in die Bothaville-distrik in die Vrystaat gras wou skenk aan boere, wat weens die droogte swaartrek. Dié genootskap het toe ingetree en geld beskikbaar gestel. Gemeenskappe in KwaZulu-Natal het ook geldelik bygedra. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Delport gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Hy sê dié genootskap het besluit om geld, wat voorheen toegeken is vir promosiedoeleindes, beskikbaar te stel om so by te dra tot die projek. Dié geld is aangewend om droogtehulp aan boere in die Kalahari te verleen.  Werner Vermeulen is in dié distrik baie betrokke om gemeenskappe te ondersteun en dié genootskap het hom genader. Met dié genootskap se ondersteuning is daar van die gras wat geskenk is in Bothaville, bale gemaak en dit is toe versprei na gebiede wat gebuk gaan onder die droogtetoestande. 

Talle gemeenskappe het toe daarvan te hore gekom en hul hulp aangebied. Delport verwys spesifiek na die Duitse gemeenskap in KwaZulu-Natal. Hy sê daar is sedert  Desember verlede jaar nagenoeg R280 000 geskenk deur boere en gemeenskappe. Dié geld is  aangewend om bykans 'n duisend bale in die Kalahari af te lewer.

Delport sê dié skenkings het boere in die Kalahari se lewens verander, hulle diere het veevoer en wanneer iemand in 'n diep gat is weens veevoertekorte en min geld, en iemand stuur uit die bloute hulp, is dit 'n wonderwerk.  

Hy sê lede van dié Drakensberger-familie se ondersteuning met die skenkings was merkwaardig, en so ook die Duitse kerk se gemeente in Paulpietersburg in KwaZulu-Natal.  

Dit was Henk Delport, adjunkpresident van die Drakensberger-telergenootskap, slegs op die Agri-Uur. Delport sê mense wat skenkings wil doen, kan dié genootskap se webtuiste besoek of die genootskap kan by  051 4100 974 gebel word.  Om weer na hierdie insetsels te luister gaan na ofm.co.za, kliek op News, Agriculture, Agri Hour. Skakel ook weeksdae in om 11:00 en 13:30 vir jou landbounuusbulletins slegs op OFM.


OFM-nuus


Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.