On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Anny
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agri Hour

Bloem-gemeenskappe kry vars groente danksy spanpoging, Mike Loutfie-stigting

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:36 Wed, 09 Sep 2020

Bloem-gemeenskappe kry vars groente danksy spanpoging, Mike Loutfie-stigting | News Article

Die Mike Loutfie-stigting, saam met die RSA-markagentegroep, het hande met Agri SA gevat om voedseltekorte weens die Covid-19-pandemie in die land aan te spreek.


Dié samewerkingsooreenkoms kom nadat Agri SA 'n R1 miljoen skenking by die kunsmisgroep, Yara Africa, ontvang het om dié nood te verlig. Dié inisiatief het ook onlangs in Bloemfontein hoop gebring toe kospakkies aan geselekteerde begunstigdes uit plaaslike gemeenskappe geskenk is.  Dié pakkies met vars groente is by die Bloemfontein-mark aan verskeie welsynsorgansiasies verskaf.   OFM-nuus het dié geleentheid bygewoon waar daar ook 'n groenteprojek vir gestremdes by die Kopano-sentrum van stapel gestuur is. Tonnels met aangeplante groente is opgerig. Vrystaat Landbou (VL) was betrokke en het die begunstigdes uitgewys wat hulp benodig. 

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met die bedryfsbestuurder van VL, dr. Jack Armour, gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Armour sê dié inisiatief, veral ten opsigte van die oprigting van die twee groentetonnels, is belangrik sodat gemeenskappe kan leer om selfonderhoudend te wees en self kos vir eie gebruik te produseer. Daar is groot kosnood in die land  en dit is nou veral 'n werklikheid met die situasie rondom dié pandemie. Die welwillendheid van weldoeners is nou minder en het selfs gestop omdat hulle self onder geldelike druk is. Armour sê daarom is dit waardevol dat mense by die Kopano-sentrum vir gestremdes nou self hul kos kan produseer danksy die groentetonnels.  Hy meen as mense kos vir hulself kan produseer, gaan daar minder staatgemaak word op die regering vir hulp. Daarmee saam kan misdaad ook afneem, omdat mense steel om kos op die tafel te kry.  

Hy sê die inisiatief is vir seker 'n stap in die regte rigting. VL se betrokkenheid by die uitdeel van sowat 800 groentepakkies, was om welsynsorganisasies te identifiseer wat deur VL se netwerke voorgestel is. Daar is deur Anchor of Hope gewerk, wat die sentrale verspreidingskanaal vir die Food Forward-stigting is, en hulle was ook van die begunstigdes wat die nie-regeringsorganisasie ENGO se netwerk van weeshuise oor die provinsie heen ondersteun. Armour sê daar was tien begunstigdes wat vars groentepakkies ontvang het. 

Dit is by die Bloemtontein varsproduktemark, waar dié produkte deur boere verskaf word, aangekoop. Daarom het boere ook gebaat deur die verkoop van van hul goeie gehalte produkte wat aan dié mark gelewer is.

Intussen sê Zani Kunz, uitvoerende direkteur van die Mike Loutfie-stigting, projekte van dié aard is noodsaaklik en daar sal voortgegaan word om hulp te verleen aan gemeenskappe wat 'n kosnood-ervaar. OFM-nuus het met haar gepraat...




OFM-nuus


Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.