On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agri Hour

Grondbestuur met opnames noodsaaklik, sê kenner

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:35 Thu, 10 Sep 2020

 Grondbestuur met opnames noodsaaklik, sê kenner | News Article

Grondbestuur op plase deur middel van die gebruik van grondopnames is noodsaaklik vir produsente.


Johan van Tol, van die Universiteit van die Vrystaat (UV) se Departement van Grondopname en Klimaat, sê in dié verband is dit egter belangrik om te let op die feit dat grondtipes asook die eienskappe daarvan verskil van mekaar. Dit is juis daarom dat landbougrond verskillend bestuur moet word en dit is waar die belang van 'n grondopname inkom. In grondopnames word grond geklassifiseer en die tipes grondklassifikasies vorm dan die basis vir bestuurseenhede. Van Tol sê dié eenhede is die grondslag vir presisie-boerderypraktyke. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat... 


Sien onderstaande PODCAST


(Hy sê met presisie-boerderypraktyke moet dit dus in ag geneem word dat die grond se gehalte verskil en dit sal weer bepaal hoeveel insette en die tipes insette wat daar tot dié verskillende bestuurseenhede toegevoeg moet word om sodoende 'n maksimum wins te behaal.  

In dié verband is dit belangrik om te let dat grond, wat 'n hoë potensiaal het, natuurlik meer insette benodig. Dit gaan ook anders bestuur word as grond met 'n lae of marginale potensiaal. Grond met 'n lae potensiaal gaan minder insette vereis en dikwels weens  hoë insetpryse sal dié grond met 'n lae potensiaal uit produksie gehaal word om sodoende meer ekonomies te wees.

Die intensiteit van 'n grondopname gaan afhang van die variasie in die landskap en wat geproduseer gaan word. In die geval van 'n hoë intensiteitsgewas onder besproeiing, soos boorde, gaan die intensiteit van 'n grondopname meer detail vereis.  

Hy sê in die geval van 'n droëland produksiestelsel of aangeplante weiding, word nie baie detail vir die opname benodig nie.  Dit hang ook af van die variasie wat in die grond voorkom. Fisiese, chemiese en biologiese grondeienskappe is belangrik om in ag te neem tydens 'n grondopname. 

Van Tol sê veral fisiese eienskappe soos diepte en tekstuur, wat die kombinasie van sand, slik en klei is, is vasgestel en dit is moeilik en selfs onmoontlik om dit te verander. Die chemiese eienskappe, pH, wat die beskikbaarheid van makro en mikro voedingstowwe insluit, asook die biologiese eienskappe soos organiese materiaal en die aktiwiteit van mikro-organismes, is eienskappe wat deur 'n mens bestuur kan word. Dié eienskappe moet so bestuur word dat dit optimum en volhoubare produksie tot gevolg het. Dit sluit praktyke soos oorbemesting, of bewerking van sensitiewe grond, of besproeiing van nie-besproeibare grond in. 

Dit is juis hier waar bewaringsbewerking 'n belangrike rol speel om grondgehalte te verhoog.

Hy sê grondopnames moet verkieslik deur 'n grondkundige gedoen word. Landbou-besighede het grondkundiges beskikbaar om te help, maar daar is ook private konsultante. Hy waarsku boere egter om nie staat te maak op raad wat nie wetenskaplik korrek is nie. 


OFM-nuus


Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.