On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Wat sê die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher?

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 13:53 Thu, 22 Oct 2020

Wat sê die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher? | News Article

Soos oudergewoonte op ‘n Donderdag, praat OFM-nuus se Christal-Lize Muller met die landbou-ekonoom, dr. Kobus Laubscher.


Hy sê in ekonomiese terme word na ‘n pandemie van die omvang van Covid-19 verwys as ‘n betekenisvolle eksterne skok. Die veerkragtigheid van ‘n ekonomie word genoem as vernaamste teenvoeter vir die verliese as gevolg van die ontwrigtende impak van die pandemie, maar is nie voldoende nie.  Voorste ontwikkelde ekonomieë wat inperkings verslap het, skarrel terug na vlakke van verminderde en minimum mobiliteit. Te midde van hierdie verwikkelinge probeer ekonomieë om negatiewe groei te stuit en waar moontlik om te keer. Alles inaggenome bly die omgewing onstabiel en onvoorspelbaar. Soos olie op ‘n vuur, maan kenners dat dié ontwrigting met ons gaan wees in die afsienbare toekoms en selfs langer. Die vraag is hoe entrepreneurs, sakelui en uiteraard boere binne sulke onstuimigheid moet navigeer om volhoubaarheid te probeer bewerkstellig.

Dit is nou gemene saak dat Covid-19 veral landelike markte verwring het, swak infrastruktuur ontbloot het, met onweerlegbare bewyse van afwesige en onvoldoende dienslewering deur die openbare sektor, maar wat insgelyks gelei het tot verhoogde transaksiekostes binne die voedselwaardekettings. Boere het fluks verligting gebring deur oortollige produksie te skenk, maar die aanvanklike geskarrel oor wie die gewer moes wees, het die beste bedoelings se uitvoering byna ontwrig, maar ten beste vertraag.  Uit die baie lesse wat geleer is, staan veral een uit, naamlik dat landbou hoofsaaklik op homself aangewese is om die nodige te doen ten opsigte van voedselsekuriteit.  Boere het die nood raakgesien en uitgespring soos nog tans die geval is, maar sal mettertyd ook moet afstaan as gevolg van die koste van hulle pogings om honger te verlig.

Dit was die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher, slegs op die Agri-Uur. Om weer na dié insetsels te luister gaan na http://www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en die Agri-Hour. Skakel ook weeksdae in om 11:00 en 13:30 vir jou landbounuusbulletins, slegs op OFM.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.