On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agri Hour

Prys van alle A-klas diere styg

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 14:09 Thu, 22 Oct 2020

Prys van alle A-klas diere styg | News Article

'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf soos oudergewoonte die veilingspryse vir lewende hawe.


Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te kan neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. Hier is Derksen...

Hy sê die oopstel van die restaurantbedryf oor die wêreld heen het gelei tot 'n groot sprong in die prys van alle A-klas diere. Daarmee saam is dit ook interessant dat die aanteel van vee in Namibië baie duur geword het, omdat produsente in dié land in die kuddebou-proses is. Hy sê in dié geval gaan bokooie tot R3000 per stuk lewende gewig.

Volgens Derksen het speenkalwers op die plaaslike veilings onder 200kg teen R40,51 per kg verkoop. Speenkalwers tussen 200kg en 250kg het teen R37,31 en speenkalwers oor 250kg het teen R35,65 per kg verkoop.


Ander veilingspryse vir beeste:

A-klas beeste    R27,40 per kg  

B-klas beeste      R22,81 per kg  

C-klas vet koeie         R22,36 per kg  

Maer koeie       R17/R19 per kg

Slagbulle        R23,55 per kg  

Skape          

Stoorlammers     R48,41 per kg  

Slaglammers      R38,18 per kg  

Stoorskape       R30,63 per kg  

Vetskape         R29,27 per kg  

Bokke          

Lammers          R50,77 per kg  

Ooie             R35,88 per kg  

Vir meer inligting besoek www.vleisprys.co.za.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.