On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agri Hour

#OFMFarmerDay: Maatskappy dankbaar vir boere se ondersteuning

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Wed, 02 Dec 2020

#OFMFarmerDay: Maatskappy dankbaar vir boere se ondersteuning | News Article
Foto: farmersweekly.co.za

Boere het hulleself vanjaar bewys.


Dit, ten spyte van talle uitdagings wat met die Covid-19 pandemie gepaardgegaan het. Luidens Lucas Groenewald, nasionale verkoopsbestuurder vir John Deere, het hulle vanjaar goeie ondersteuning van boere ontvang en het hulle meer trekkers verkoop as wat hulle aanvanklik beplan het. OFM se Cyril Viljoen het met Groenewald hieroor gesels sowel as die maatskappy se vooruitsigte vir 2021…


Sien onderstaande PODCAST


Groenewald voeg by dat die maatskappy se beplande verkope vanjaar 1 700 trekkers was en dat hulle 1 713 trekkers verkoop het. “Ek dink wat vir ons baie belangrik is, is dat ons boere aanhou om voedsel te produseer ten spyte van die pandemie en [sy] gevolge… boere het regtig hulleself bewys hierdie jaar,” sê Groenewald. Hy voeg by dat 2020 gesien kan word as ‘n kenmerkende jaar nadat lanbou een van die enigste sektore was wat groei getoon het. Hierdie groei bewys weer eens die belangrikheid van landbou.

Wat vooruitsigte vir 2021 betref vir John Deere, sê hy dat die trekkermark met 2,5% gestyg het vergeleke met 2019 en dat dit volgende jaar hopelik ook so sal aanhou. Groenewald sê verder die goeie reënval wat voorspel is vir die land gee aanduiding dat dit ‘n goeie somer sal wees vir boere. Daar is egter hoop dat die ekonomiese omstandighede ook volgende jaar sal verbeter.

Groenewald sluit af deur te sê dat John Deere boere bedank vir hulle ondersteuning en dat die maatskappy toegewy is aan Suid-Afrikaanse landbou. Daarmee saam bou hulle hulle begroting uit deur mense aan te stel. Daar is tans poste beskikbaar by John Deere.


 

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.