On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Lewendehawe pryse stabiel teenoor verlede week

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Thu, 03 Dec 2020

Lewendehawe pryse stabiel teenoor verlede week | News Article

'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf soos oudergewoonte die veilingpryse vir lewendehawe.


Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te kan neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. Hier is Derksen...


Sien onderstaande PODCAST


Derksen sê lewendehawe pryse het redelik stabiel gebly teenoor verlede week se veiling. Hy voeg egter by dat daar ‘n tekort is aan vet velddiere – veral vet koeie. Hy verduidelik dat die totale mark oor die algemeen op baie lae getalle is. Volgens Derksen het speenkalwers op die plaaslike veilings onder 200kg teen R46,15 per kg verkoop. Speenkalwers tussen 200kg en 250kg het teen R43,00 en speenkalwers oor 250kg het teen R39,15 per kg verkoop.

Ander veilingspryse vir beeste:

A-klas beeste         R27,68 per kg

B-klas beeste         R24,69 per kg

C-klas vet koeie     R24,84 per kg

Maer koeie            Wissel tussen R17,00 en R20,10 per kg

Slagbulle                R25,72 per kg

Skape

Stoorlammers      R46,15 per kg

Slaglammers        R36,43 per kg

Stoorskape           R33,21 per kg

Vetskape               R31,53 per kg

Bokke

Lammers              R55,10 per kg

Ooie                      R41,38 per kg

Vir meer inligting besoek www.vleisprys.co.za.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.