On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor and Margaret
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Central SA

Reën en wind hou Heidedallers nie weg

───   15:40 Wed, 08 May 2019

Reën en wind hou Heidedallers nie weg | News Article

Ondanks die vroeë oggendreën en koue wind het inwoners van Heidedal in groot getalle by verskillende stemlokale opgedaag om hulle merk te maak.


Bloemfontein Courant het drie stemlokale in Heidedal besoek waar alles volgens plan verloop het, behalwe vir ‘n klein misverstand by die Unique Children’s Centre in Heatherdalestraat. 

“Dit is nie ‘n vrye en regverdige verkiesing nie,” het Quinton de Koker, wat vroeër vanoggend by die sentrum in Heidedal gestem het, gesê. Volgens De Koker het ‘n inskrywing wat op sosiale media platforms versprei is, aangedui dat stembriewe aan albei kante gestempel moet word en dat jou stem nie sou geld as die vorm slegs aan een kant gestempel is nie. Volgens die Verkiesingskommissie van Suid-Afrika (OVK) móét stembriewe slegs aan een kant gestempel word.


Die 22-jarige Chardonnay Julies het haar kruisies vanoggend by die Laerskool Heide getrek en gesê dat sy stem om ‘n beter toekoms vir die kinders van môre te verseker. “Ek dink dit is belangrik om vandag te stem, veral vir die jeug, om te verseker dat ons help om ‘n verandering in ons land te maak,” het Julies gesê.


Bloemfontein Courant/Pierce van Heerden

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.