On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Central SA

Reën ’n seëning van Bo, sê LHP-kiesers

───   15:55 Wed, 08 May 2019

Reën ’n seëning van Bo, sê LHP-kiesers | News Article

Alhoewel dit reën vandat kiesers vanoggend hulle oë oopgemaak het, glo inwoners van Langenhovenpark in Bloemfontein dat dit ‘n seëning van Bo is, net wat die land nodig het.


 Inwoners van Langenhovenpark het ten spyte van die nat omstandighede steeds in groot getalle by stempunte aangekom en baie was opgewonde oor wat vir hulle voorlê.

Hoewel baie mense nog onseker was vir wie hulle sou stem, het kiesers oor die algemeen saamgestem dat hulle volgende leier ‘n persoon moet wees wat God ken.
Nadia le Roux van Langenhovenpark het van 05:30 af al in die tou gestaan en nog oomblikke voordat sy haar kruisie moes gaan trek, gesê dat sy steeds nie seker is vir wie om te stem nie. “Almal sê ons moet vir ‘n man van God stem, maar waar is dié man?” was haar woorde.

Bloemfontein Courant/Sazly Hartzenberg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.