On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

#CoronavirusNC: Ses nasieners toets positief

───   06:18 Fri, 15 Jan 2021

#CoronavirusNC: Ses nasieners toets positief | News Article

Die Noord-Kaapse onderwysdepartement is gedwing om die nasien van nasionale senior sertifikaat-eksamens op te skort nadat ses nasieners positief vir Covid-19 in Kimberley getoets het.

Die Departement sê dit sal die proses met twee dae vertraag.

Woordvoerder vir die departement, Geoffrey van der Merwe, sê nasienwerk sal teen volgende Maandag, in plaas van die naweek, voltooi word.

"Ons het kontakte opgespoor en toetse gedoen. 'n Totaal van 91 nasieners is getoets, en uit die 91 het 6 positief getoets," sê Van der Merwe. 

Die departement sê dat al hul geriewe, insluitend nasiensentrums en verblyf waar die nasieners tans woon, voldoen aan streng Covid-19 maatreëls. 

Van der Merwe sê al hierdie fasiliteite is ook gekoppel aan gesondheidsgeriewe.

OFM-nuus/Blaine Jones

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.