On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

#NCfloods: Paaie in rampgebied gesluit

───   09:46 Fri, 12 Feb 2021

#NCfloods: Paaie in rampgebied gesluit | News Article
Vaaldam. File image

Groot volumes water is uit die Vaaldam gelaat weens die invloei van water vanuit riviere en die damvlakke wat verder verhoog het weens die reën wat die afgelope tyd geval het.

Die Noord-Kaapse Departement van Vervoer en Openbare Werke het weens die uitlating verskeie paaie gesluit. 

Die LUR vir Samewerkende Regering, Tradisionele Sake en Landelike Ontwikkeling, Bentley Vass, het vroeër die week die Noord-Kaap as 'n rampgebied verklaar, en sê die sluiting van die MR 875 by Kanoneiland, sowel as die DR 3266 by Perde-eiland naby Keimoes, is in belang van die veiligheid van die gemeenskappe wat in die onderskeie gebiede en naby die oewers van die Oranjerivier bly. 

Die oorstroming van brûe in die gebiede is ook 'n lewensgevaar omdat dit voertuie kan meesleur en menselewens eis as gevolg van verdrinking. Die R27, wat Keimoes en Menhardt met mekaar verbind, is ook Donderdag weens oorstromings deur Sanral gesluit. 

Reën het weer sedert 22:00 Donderdagaand in die ZF Mgcawu-streek begin uitsak, wat verdere druk op die rivier plaas.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.