On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Central SA

#NCfloods: Kai !Garib watervlakke daal

───   06:18 Tue, 23 Feb 2021

#NCfloods: Kai !Garib watervlakke daal | News Article

Die Kai !Garib Plaaslike Munisipaliteit, wat Kakamas en Riemvasmaak in die Noord-Kaap insluit, sê watervlakke in die gebied is besig om te daal.

Die munisipaliteit se woordvoerder, Mary-Ann Pienaar, voeg by die daling beteken dat vasgekeerde gesinne in die gebied weer met die buitewêreld in kontak sal kan tree, terwyl dit ook die munisipaliteit die geleentheid sal bied om die totale omvang van die vloedskade te bepaal.

Die munisipaliteit moes die afgelope twee weke onder uiters gevaarlike omstandighede onder meer mediese hulp en kos aan minstens 30 gesinne verskaf nadat brûe en paaie oorstroom is.

Pienaar sê ondanks die daling moet mense steeds die nodige veiligheid handaaf.

Sy voeg by die gebruik van brûe moet vermy word tot ‘n volledige bepaling gedoen is en dit veilig verklaar is vir motoriste om te gebruik.

Die munisipalitiet het inwoners bedank vir hul volgehoue samewerking en gevra dat mense enige probleme by die munisipaliteit moet aanmeld.


OFM-nuus/Roderick Titus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.