On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

#MatricResults: NK-matrieks vaar die swakste

───   08:14 Tue, 23 Feb 2021

#MatricResults: NK-matrieks vaar die swakste | News Article
PHOTO: TimesLIVE

Matrieks in die Noord-Kaap provinsie het die swakste gevaar tydens die 2020 Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen.

Die aankondiging is gister deur die Minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga, gemaak. Ten spyte hiervan het matrieks in die Namakwa-streek die beste in die provinsie gevaar. 

Motshekga het ook bekend gemaak dat die Vrystaat die beste presteer het met 85,1%, gevolg deur Gauteng met 83,8% en die Wes-Kaap derde met 79,9%. 

KwaZulu-Natal het 'n 77,6%-slaagsyfer aangemeld, gevolg deur 76,2% in Noordwes en 73,7% in Mpumalanga. Daarmee saam het Limpopo 'n slaagpersentasie van 68,2% behaal, gevolg deur die Oos-Kaap se 68,1%-slaagsyfer.

Die Noord-Kaap is laaste op die lys met 66%. 

Die minister het verder gesê die departement het alles moontlik gedoen om in die ongekende akademiese jaar, wat erg deur die Covid-19 pandemie geraak was, kinders eksamengereed te kry.

Sy het benadruk dat diegene wat nie geslaag het nie, dit nie as die einde van die wêreld moet sien nie, maar as 'n uitdaging om beter punte in 'n hereksamen te behaal.

Motshekga sê die departement sal alles moontlik doen om leerders wat dit weens omstandighede nie gemaak het nie, by te staan.


OFM-nuus/Roderick Titus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.