On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Central SA

Minister lig gemeenskap in oor mensehandel

───   10:22 Sat, 23 Oct 2021

Minister lig gemeenskap in oor mensehandel | News Article
Die Minister van Maatskaplike Dienste, Lindiwe Zulu

Die Minister van Maatskaplike Dienste, Lindiwe Zulu, het mensehandel aangespreek tydens haar besoek aan Upington in die Noord-Kaap.

Zulu was vergesel deur die LUR vir Maatskaplike Dienste, Nontobeko Vilakazi, sowel as verteenwoordigers van die Valke, Nasionale Vervolgingsgesag en die Departement van Justisie, asook verskeie nie-regeringsorganisasies.

Sy sê mense word uitgebuit weens hulle kwesbaarheid en ‘n gebrek aan opleiding, asook desperaatheid.

Die polisie se Ompile Masegela sê die minister het skole in die Dawid Kruiper Munisipaliteit besoek waar kinders oor die gevare van mensehandel ingelig is.

Die minister het benadruk dat sindikate plattelandse dorpe teiken omdat mense dikwels werkloos is en in talle gevalle nie die waarskuwingstekens van mensehandel sien nie.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.